anyone who keeps the ability to see beauty never grows old - Franz Kafka



maandag 1 maart 2010

elke maand een gedicht: gedicht: maart 2010


Ek het gedink

Ek het gedink
dat ek jou kon vergeet,
en in die sagte nag alleen kon slaap,
maar in die eenvoud het ek nie geweet
dat ek met elke windvlaag sou ontwaak:
Dat ek die ligte trilling van jou hand
weer oor my sluimerende hals sou voel-
Ek het gedink die vuur wat in my brand
het soos die wit boog van die sterre afgekoel.
Nou weet ek is ons lewens soos 'n lied
waarin die smarttoon van ons skeiding klink
en alle vreugde terugvloei in verdriet
en eind'lik in ons eensaamheid versin

Ingrid Jonker