anyone who keeps the ability to see beauty never grows old - Franz Kafka



donderdag 16 juli 2009

Elke maand een gedicht: juli: Zuidafrikaanse overpeinzing....

ROSA ROSARUM

Kom naar my tuin waar die donkerrooi rose
Duist’re geheime vertrou aan die nag;
Sonnestraal-kusse en suidewind-kose.
Drome en liefde die lang somerdag.

Kom in die soel someraande en luister
Wanneer die nagwind hul drome verklaar -
Na die veelvuldige blommegefluister,
Bloesem en bloeisel en blad altegaar

Kom waar die lelie - die blanke, die reine -
Skugter haar bloesem ontbloot aan die maan,
Blou miosotis - die slanke, die kleine -
Met haar vergeet-my-nie-ogies betraan.

Kom als die maanblom - wit sy en satyne -
Als ’n vorstinne verskyn in haar prag.
Onder die wierook van roos en jasmyne -
Skoonste juweel op die bors van die nag!


A.G. Visser